top of page

ONS

Storie

IMG_2833
IMG_3007
IMG_2704
IMG_8631
IMG_8600

2009, die jaar wat hy in matriek was, 1ste rugby span kaptein en hoog gesog onder die dames, sy in teendeel was 'n onskuldige Graad 8 redenaars kampioen. Al was ons saam in die selfde skool, was ons sallig onbewus van mekaar en die feit dat ware liefde reg onder ons neuse weg kruip.
 
In 2016 het God ons paaie laat kruis,want ons lewens saam is van geboorte af deur Hom in die sand geskryf.


Ons het beide ons harte op mekaar verloor die dag wat Mnr Malan in die spreek kamer ingestap het en sy die bloosende ontvangsdame was. Oordat hy in Potch gewoon het, het hy met tegnologie op sy vinger punte die eerste keer ‘n “move” gemaak. Daar moet gebieg word, beide van ons het met mekaar se gevoelens gespeel al was dit in die begin net ‘n vriendskap wat binne 'n jaar en 'n half gegroei het in baie meer. Kort voor lank het ons al twee besef dat saam is ons beter as apart.

 

In Augustus 2017, het alles vlam gevat, daar was geen ander keuse as om die volgende stap te neem nie. Sy het kort daarna die groot keuse gemaak om Pretoria toe te trek waarna ons elke dag met God se seën en liefde saam gegroei het.

 

Ons is saam ‘n span en die span kan nie wag om te trou nie!!

IMG_8889
IMG_8813
IMG_8516_edited_edited
WhatsApp Image 2021-07-13 at 16.04.37
IMG_8631
bottom of page